A motivational forum
Login | Forgot password | Register
OpenID is an Internet-wide identity system that allows you to sign in to many websites with a single account.
With OpenID, your ID becomes a URL (e.g. http://username.myopenid.com/). You can get a free OpenID for example from myopenid.com.
For more information visit the official OpenID site.
6190 Posts in 213 Topics by 391 members
Jump to:Dr Cohen Support Forum » Afrikaanse Afdeling » FEBRUARIE 2012
| Page: 1 , 2 , 3 , 4 , 5 , 6 , 7 , 8 , 9 , 10 , 11 , 12 , 13 , 14 , 15 , 16 , 17 , 18 , 19 , 20 , 21 , 22 , 23 , 24 , 25 , 26 , 27 , 28 | Go to End | ||
| Author | Topic: FEBRUARIE 2012 | 4175 Views | |

1 February 2012 at 7:53am
More!
Wel ek weet nie van jul nie, maar Januarie het verbygevlieg!!
'
Gaan goed aan my kant ek staan nog sterk.
'
Michell, Isabelle, Gerda, Rennie dankie en ook sterkte vir jul
'
Lekke dag


1 February 2012 at 9:24am
More Amanda.
Ja ons chat nou op Februarie en nie meer op Januarie nie. Die tyd vlieg. Ek kon darem sedert ek trug is van vakansie
my weigh-loss ticker afskuif met 800g. Nie sleg nie as mens in ag neem ek moes 2kg vakansievet ok eers wegwerk.
Nou voel dit vir my ek kan weer aangaan en ek sal die stryd wen! Sterkte al julle dames wat met die 4 weke cheatfree challenge
saam met my is! Ons gaan hom wen!
Fast Weight loss Online at the Weight Loss Center


1 February 2012 at 9:26am Last edited: 1 February 2012 9:27am
Hallo welkom Februarie! Ons vergeet liefs van Januarie - water onder die brug en ons gaan volstoom aan met die nuwe maand.
Gister was 'n goeie dag gewees, selfs met die oefen saam - nogal lekker gewees.
*
Gerda, welkom terug en baie geluk met die kleinding! Hoe oud is baba nou? As ek reg onthou was jou man siek gewees? Indien hoe gaan dit met hom?
*
Rennie, mooi man dit laat mens sommer lus kry vir cheat-vry bly.
*
Hoop elkeen van ons het 'n suksesvolle dag


1 February 2012 at 9:37am
Gister was ons huweliksherdenking - 14 jaar. En ons het nie eens gaan uiteet nie - net soos 'n gewone dag aangegaan met my DC en manlief is al in sy 3de week met sy Danielsvas saam met die kerk - so hy eet basies net groente & vrugte en bietjie bruin rys & oats. Hulle maak Sondag klaar.
Ek was Saterdag by 'n Ooievaarstee - en het my eie vrugtesosaties saamgevat - nie eens een happie van al die 'fattening' kos gehad nie. Gister by die werk was dit een van die kollegas se afskeid - weereens het ek my hoenderslaai en provita's gaan haal terwyl al die ander mense van die 'platters' geeet het.
Maar - en dis 'n groot MAAR.....ek sukkel wanneer ek in die middae na werk by die huis aankom. Dan vat ek 'n handvol neute die een dag, of 'n stukkie kaas die ander dag, of van die kinders se visvingers wat ek gaarmaak ens. Ek is die heeldag goed, eet net wat ek moet en drink al my water, maar het 'n 'wobble' elke middag as ek by die huis kom!
Hoe verander ek dit? Help asb.
Find Diet Support on our Weight Loss Blogs and Forums


1 February 2012 at 9:49am
@Lulu
Baie geluk met jul huweliksherdinking. My man is ook besig met die Danielvas en gewoonlik doen ek dit saam, maar omdat ek Cohen kan ek nie!
Jong, dis moeilik, maar ek dink jy sal heel eerste by jou kop moet begin. Hierdie dieet is regtig 90% kop en die res is dieet.
Dink aan hoe graag jy maer wil wees. Sien jouself as hierdie stunning, sexy vrou wat kan aantrek wat jy wil. Ek bere met 'n doel vir my 'n lekker mango of 'n perske vir na werk en sodra ek by die huis kom, gaan sit ek rustig en drink eers 'n glas Coke zero en dan eet ek my vrug. Daarna is ek te vol om lus te wees vir ander goed. Probeer om jou gedagtes af te sny van die lekker goed in die huis en weerhou jouself om aan dit te kou. Probeer dit. Ek het maar gesukkel om terug te kom op die dieet na die vakansie, maar nou is ek volstoom aan die gang omdat ek nie weer 'n "failure" wil wees met die dieet soos al die vorige diete nie. Ek hoop dit werk en dat jy jouself kan "ompraat" dat dit nie die moeite werd is om selfs net met 'n handvol neute te kroek nie. Ek glo jy sal gewig verloor, maar jou hormone se balans gaan nie regkom so nie. Sterkte en laat weet hoe dit gaan.
Fast Weight loss Online at the Weight Loss Center

1 February 2012 at 9:56am
Lulu baie geluk met jou huweliksherdenking. Ek stem saam met Rennie, jy moet n vrug of provita los vir as jy by die huis kom. Dis wat ek doen, ek het al op n vorige chat gese dat ek probeer om nie my vrugte en provitas deel te maak van my ete nie, sodat ek iets het om aan te knibbel. Ek maak n beker koffie en dip my provita daarin en strooi kaneel/sweetner oor. Dis nogals heel aangenaam. Lulu en dan.... JY is die ENIGSTE 1 wat daardie gewoonte kan verbreek! As jou kop nie reg is nie, kry hom reg of vergeet van DC. Hierdie dieet werk net as jy dit 100% doen. Hoop nie ek kom te sterk oor nie. Ek het ook met myself gepraat...
'
Lekke dag


1 February 2012 at 9:57am
Hallo daar almal!
Ek is ook nog in die wa en lees gereeld die blog om my op die 'straight & narrow' te hou. Ek's die week by die huis met my seuntjie wat duitse masels het. Hy is gelukkig nie meer baie siek nie, maar steeds aansteeklik, so ek is effektief in huisarres! Dit is nogal moeilik as dit kom by DC, want nou is jy naby aan al die kossies, en met hom in die huis is daar ook maar ander lekkernye, maar ek is darem nog heel op skedule.
Ek was gister moeg in hoofletters en uitroeptekens. So iets het ek lank laas ervaar, en sommer 'n tamaai koorsblaar op my mondhoek uitgeslaan daarvan, so ek dink my gestel is bietjie af. Ek het tot dubbel die dosis vitamiene gebruik wat jy moet, net om bietjie op te vang, maar helaas, dit het net mooi niks vir die moegheid gedoen nie! het gister toe sommer weer begin om 'n ysteraanvulling te gebruik, en het bietjie oortree met crackers en oorskiet maer vleisies, maar vandag is ek weer aan die gang!
Ek dokter ook hierdie koorsblaar heeltyd met Vanilla essens (klompie mense het gesê dit werk soos 'n bom) want ek kan nie gaan shop vir ietsie anders nie. Sover werk dit OK, en ek ruik soos 'n soetkoekie! Hoop maar ek proe nie aan een nie, nê!
Sterkte vir julle almal wat hierdie moedige stryd stry - ons kom stadig en seker daar!
Groete,
Elmarie J


1 February 2012 at 10:11am
Baie geluk met jul huweliks-herdenking Lulu J, dit is fantasites om te hoor van mense wat al so lank getroud is. Dit is voorwaar 'n sëen.
*
Rennie en Amanda, julle sê presies wat ek ook wou, Lulu gebruik daai raad, jy sal sien jy sal 100% kan hou. Ander raad is om oor die naweek vir jou vooruit kos te maak. Dit werk vir my, ek maak bakkies sê meal 2 en los dit in die yskas. Vanaand weet ek 'n maaltyd is reg en as ek dan klaar geëet het maak ek more se kos en pak my vrugte.
*
Elmarie J, bly dit gaan goed met jou, jammer jou kind is siek hoor. Dit laat my dankbaar wees my baba is 17...ek haal my hoed af vir al die mammas met klein kindertjies.
| 4175 Views | |||
| Page: 1 , 2 , 3 , 4 , 5 , 6 , 7 , 8 , 9 , 10 , 11 , 12 , 13 , 14 , 15 , 16 , 17 , 18 , 19 , 20 , 21 , 22 , 23 , 24 , 25 , 26 , 27 , 28 | Go to Top | Next > | |